Skip to content

Troefkaarte-speletjie (Maal)

R5.00

Kaartspeletjie om maal te oefen.

Category: Tags: , ,

2 bladsye
18 speelkaarte

Hierdie stelletjie van maal- en verdubbeling-troefkaarte bestaan uit 18 kaartjies wat uitgeknip moet word. Lamineer opsioneel. Dit is ’n kaartspeletjie waar die speler met die hoogste waarde die ander speler(s) se kaart(e) wen totdat een speler al die kaarte bymekaar gemaak het.

Reëls:

* Skommel en deel die kaarte uit – gesig na onder.
* Spelers tel sy pak kaarte op en kyk slegs na die boonste kaart.
* Speler 1 (links van die deler) kies die hoogste waarde op die kaartjie en lees dit voor (bv “Oulik: 72”).
* Die ander spelers kyk of hulle dit kan oortref.
* Die speler met die hoogste waarde wen al die ander spelers se verloorkaarte en plaas dit onder sy pakkie.
* Die wenner van daardie rondte kies die volgende waarde.
* Indien twee of meer spelers dieselfde waarde het, word al die kaarte in spel eenkant gesit. Dieselfde persoon kies ’n nuwe waarde. Die wenner van die volgende rondte wen ook dan hierdie hopie kaarte.
* Die speler wat met al die kaarte opeindig (of die meeste kaarte het), wen die spel.

Die plus-, minus-, maal- en deel-troefkaarte (elke stel apart te koop) kan saam gebruik word.