7 bladsye
Praktiese oefening om die alfabetletters in volgorde te leer. Die produk bestaan uit 26 kouse – een vir elke letter. Knip die kouse uit, lamineer en laat jou kind die kouse in volgorde pak. Vir ekstra pret kan ‘n kamma-wasgoedlyn gespan word waaraan die kouse met wasgoedpennetjies vasgeknip word. Vir beginners kan twee van elke kous uitgedruk word sodat die kind die letters in pare kan pak.
Slegs PDF.